Maalvleisskons

 

Gooi 2 eiers in `n maatkoppie en vul die koppie verder met melk.  Gooi in mengbak en gooi `n halwe  koppie olie by en klits.  Meng 1 koppie melk, 2 teelepels bakpoeier, halwe teelepel sout en voeg by melkmengsel.  Klits weer goed.  Skep 1 teelepel deeg in `n klein kolwyntjie pannetjie en sit 1 teelepel gaar maalvleis bo-op deeg.  Dan weer  `n bietjie deeg en strooi paprika of pietersielie  oor.  Bak in warm oond van 180 grade vir 10 minute.