Brosbrood

 

250g botter(nie margarien)

2k versiersuiker(500ml)

3k koekmeel(750ml)

knypie sout

 

Haal botter uit die yskas en laat kamer temperatuur bereik.  Meng al bogenoemde bestandele en vorm in `n wors so groot soos jy jou koekies wil laat wees.  Plaas in `n sakkie en laat oornag in die yskas.  Sny in dun skywe en bak in voorafverhitte oond van 160grade.  Bak tot ligbruin maar oppas, dit brand maklik.