Heerlike Suurlemoenbroodjie

 

125g botter of margarien

250ml strooisuiker

2 eiers

375ml bruismeel

2ml sout

125ml melk

125ml strooisuiker

skil van 1 suurlemoen, gerasper

sap van 2 suurlemoene

 

Stel oond op 180 grade.  Klop botter, 250ml strooisuiker en eiers goed saam.  Sif bruismeel en sout saam en roer dit beurtelings met die melk by die bottermengsel.  Gooi in `n gesmeerde broodpannetjie en bak 40-45 minute.  Pas op vir aanbrand.  Meng die 125ml strooisuiker en suurlemoensap.  As die broodjie uit die oond kom, prik dit liggies bo-op met `n vurk en gooi die suiker en sapmengsel stadig daaroor.  Laat afkoel in pannetjie en keer uit.