Noedelslaai

 

Hierdie resep kom van Freda af en is baie lekker!

 

1 pak noedels van jou keuse

2 wortels grof gerasper

1k kaas gerasper of blokies gesny

1k rosyne

1 ui fyn gekap

mayonnaise om te meng

 

Kook noedels volgens aanwysing op die pak tot gaar maar nie pap nie.  Laat afkoel en meng die res van die bestandele met die noedels. Ek gooi kondensmelk na smaak by die mayonnaise om die smaak te verbeter. Onthou om nie die noedelsslaai te veel te meng nie anders word dit `n papery.