Hoenderpastaslaai met soet mosterdsous

 

Mosterdesous

3 eiers

250ml asyn

250ml suiker

30ml mosterdpoeier

5ml sout

 

Slaai

750ml hoenderaftreksel

10ml mediumsterk kerriepoeier

500ml penne-pasta

20ml gekapte basiliekruid

5 selderystingels, gesny

3 grannysmith appels, in skywe gesny

50-100g okkerneute, gekap

250ml fetakaas, gekrummel

sout en peper na smaak

6-8 gerookte hoenderborsiesin 2cm dik skyfies gesny

 

Sous:  Klits al die sousbestandele saam in ‘n klein kastrolletjie tot goed gemeng.  Verhit die mengsel oor baie lae hitte tot suiker opgelos is.  Laat prut oor baie lae hitte tot mengsel verdik het.  Laat afkoel en plaas in die yskas tot gebruik.

Slaai:  Verhit die aftreksel en kerriepoeier tot kokend en voeg die pasta by, kook tot net gaar en dreineer.  Voeg die basiliekruid, seldery, appels, okkerneute en fetakaas by.  Geur met sout en peper en meng liggies.  Meng die hoender met 250ml van die mosterdsous en meng dit liggies by die res van die slaai in.  Genoeg vir 8 mense.